
Ek het 'n polistireen roomyshouer wat met bakpapier uitgevoer is as gietvorm gebruik en dit het baie goed gewerk. ek sal die boksie beslis weer gebruik in die toekoms. Die bakpapier werk ook baie lekker ek kom maklik los van die seep wanneer jy dit uit die gietvorm haal. Die mengsel begin egter baie vinnig stol nadat dit traseerstadium bereik het en jy sal redelik vinnig moet giet as jy die bokant met 'n patroontjie wil versier. In hierdie geval het ek die bokant so goed moontlik met 'n slaplemmes platgevryf.
Die nylon garing is weereens ingespan vir die snywerk en dit maak netjiese skoon snitte deur die seep. As jy met 'n mes sny bars die seep soms wanneer jy aan die onderkant van die blok kom, maar met die garing sny jy reg rondom op dieselfde tyd en ondervind jy nie die probleem nie.
Na 'n week het die seep heelwat van die groen kleur van die olyfolie verloor en die kante is nogal skerp en kan dalk ongemaklik voel in jou hand. Ek sal dit met my nutsmessie moet afrond sodat dit lekker is om te gebruik. Hierdie seep sal teen 25 Junie die ses weke kuur deurstaan het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking