Vir lank het ek gewonder hoe om dié aartappelprobleem op te los, veral
omdat die prinsesse gate al rondom die aartappels grou vir hul kasteel
se boumateriaal terwyl ek probeer hopies maak vir die bolletjies om te
kan vorm. Ek weet van die metode om ou motorbande daar om te pak, maar
die idee van rubber en wie weet watter swaar metale so naby aan iets wat
ek beoog om te eet 'freak' my net uit!
Vandag val dit my toe by dat daar 'n hele klomp bakstene agter die wendy huisie staan. Die natuurlike klei stene sal ook lekker warm bak nes die bande, en dit verloor stadig hitte wanneer dit aand word. Boonop is dit vry van chemikalieë wat in my kosbare aartappels kan insypel.
By die huis gekom na die swem het ons fluks die stene aangedra en muurtjies al om die plante gepak. Daarna het ons die dubbelsteenlaagmuur opgevul met lekker los grond.
Ek hoop dat hierdie poging my oes sal bevoordeel

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking